Thursday, August 9, 2012

Dieretuin Uitstappie –Tirzah van der Merwe

Ons sal Maandag by die klubaand die wenners aanwys van die foto’s van ons dieretuin uistappie. Ons is baie nuuskierig om te sien wie gewen het.  Daar was 5 afdelings waarin fotos ingedien moes word nl: The eye, movement, self portrait, patterns, reflections.

Op die dag het ons ‘n entoesiastiese besoeker gehad wat self haar merk gemaak het in die kompetisie en ons het haar fotos ook ingeskryf.  Hier onder is die 5 foto’s wat Tirzah van der Merwe die dag geneem het en ingeskryf het.  Sy is 9 jaar oud en het die dag ‘n Canon SX-200 kamera gebruik.

T_eye

T_move

T_pattern

T_reflect

T_self

 

Ek dink Tirzah kan baie trots wees op hierdie foto’s wat sy “raakgesien” het om in die 5 afdelings te pas.  DIt is egter duidelik dat sy ‘n onregverdige voordeel in die selfportret afdeling gehad het as ek kyk na die ander klublede wat die dag bygewoon het.

Groete

Bernard

No comments:

Post a Comment