Sunday, June 29, 2014

Monochrome Processing Presentation

Nico Strydom kindly provided us with his presentation:


Here is the presentation that was given on Monochrome Post Processing:










The Nik Software, Silver Efex Pro 2 can be found here:


The OnOne Perfect Photo Suite can be found here:





Friday, June 6, 2014

Submitting HD photos to CCC Salon

We have noticed that some authors, that wish to submit photos to the CCC Mono salon, are unable to enter the photos in the salon via Photo Vault.  The potential key to the problem is that this is a HD salon and your existing photos are not in the HD library on Photo Vault.  Once you have uploaded the photo to Photo Vault in the HD section, you will be able to submit the photo to the salon.

You can follow the steps below:

  1. Go back to your original image and resize for 1920 (width) X 1080 (height) with max size 1.2MB.  That is the HD size we mentioned in the salon brochure.
  2. Upload your image on Photo Vault Online by selecting Upload photos on the CCC Salon selection.
    clip_image001
  3. Upload the images by selecting Upload New Photo
    clip_image002
  4. Ensure that HD is selected for the upload
    clip_image004
  5. Now select these images for upload to the Salon

I trust this will help.  Please feel free to contact the salon director if you

need further help, uploading your photos. ( salon.director@centurioncameraclub.co.za )

Regards

Bernard Richard
CCC

Sunday, June 1, 2014

Doko Village – ‘n Verassende wenfoto

Dit is seker baie selde dat ‘n fotograaf dink sy foto is ‘n wenfoto en ek vermoed, die meeste wenfotos is ‘n verassing vir die outeur.  ‘n Mens weet as jy ‘n goeie foto het, maar die kompetisie is baie sterk in die klub en jy kan nooit seker wees of die beoordelaars van jou foto gaan hou nie.  Hierdie maand het ‘n foto my aangenaam verras en baie beter gedoen as wat ek verwag het.  In die proses het ek ‘n hele paar dinge geleer.

DSC03358_7_9_32B-938In my voorbereiding vir die Mei kompetisie het ek aanvanklik besluit om nie in te skryf nie omdat ek doodeenvoudig nie geskikte fotos gehad het om in te skryf nie.  In my soeke na ‘n tema foto, het ek afgekom op ‘n paar fotos wat ek met ‘n Sony mik en druk kamera geneem het tydens ‘n werksbesoek aan die Demokratiese Republiek van die Kongo.  Die area is baie afgesonder en om daar te kom is so ‘n beslommernis, dat ek nie eers die moeite gedoen het om my gewone SLR kamera saam te neem nie.  Ons was een middag laat op pad en het die kans gebruik om ‘n paar fotos te neem.  Die omgewing is baie ruig en daar is verskeie klein dorpies langs die pad waar die inwoners kan handel dryf of die pad gebruik om hulle produkte na ‘n groter dorpie te vervoer.

My beplanning was om met HDR te werk en ek het stelle van drie fotos met verskillende beligting geneem, maar ek was nie tevrede met die resultate nie en die HDR het onnatuurlik gelyk.  Die spesifieke foto was baie besig en die fokuspunt was nie vir my sterk genoeg nie.  Dan was dit ook geneem met ‘n “swakker kamera” en ek het die fotos in die argief gelos waar dit waarskynlik sou verdwyn het.

Vir die kompetisie het egter besluit om uit nood weer te probeer.  Hierdie keer het ek voor begin en die HDR verwerking baie afgskaal en net die drie fotos na ‘n 32 bit TIFF formaat verwerk.  Hierdie stap doen nie die normale HDR verwerking soos ons gewoond is nie, maar gee baie meer detail inligting vir verdere verwerking van die foto.  Die verwerking is in Photoshop CS6 gedoen.  Ek het die hele foto eers donker gemaak en met layers selektief lig terug gesit in die foto.  Op die manier kon ek die fokus plaas op die huisie en selektief op die bome.  Verder het ek aandag gegee aan die wolke om die lig te beklemtoon.  Die foto het dadelik baie sterker gelyk en al wat gepla het was ‘n paar bossies in die voorgrond wat ek uitgekloon het.  Die laaste stap was natuurlik om terug te keer na JPG formaat

Die resultaat was ‘n aangename verassing vir my.  Hierdie foto het weer vir my bevestig dat die nie help om ‘n foto te forseer nie.  As die verwerking eers op die verkeerde pad is kan jy maar net sowel stop.  Indien jy dink daar is potensiaal, laat die foto eers rus en probeer later weer met ‘n vars aanslag.  DIe kwaliteit van die kamera maak in sekere omstandighede ‘n groot veskil, maar as jy goeie lig het, verdwyn hierdie voordeel vinnig.  As jou goeie kamera by die huis lê omdat hierdie kamera te groot is om rond te dra het hy natuurlik ook geen voordeel bo die mik-en-druk kamera nie.

HDR verwerking het ‘n definitiewe plek in fotografie, maar die tipiese HDR resultaat waaraan ons gewoond geraak het is nie altyd ‘n gepaste resultaat nie.  Dit wil vir my voorkom dat in die meeste landskap en natuur fotos, HDR verwerking baie subtiel aangewend moet word.

Kamera Sony DSC-HX10V
Lens 4.3-68.5 mm f/3
Lensopening f/3.3
ISO 100
HDR Reeks sluiterspoed 1/125, 1/250 (-1 EV), 1/60 (+1 EV)
Formaat JPG
Toekenning COM, Beste van kompetisie (Mei 2014)
Titel Doko Village

Hier is die drie fotos waarmee ek die verwerking begin het, elkeen veskil 1 EV van die volgende foto en is gebruik om ‘n 32 bit TIFF leêr te skep.

DSC03357

DSC03358

DSC03359

0 EV

-1 EV

+1 EV

Die enigste probleem met die foto is dat enige regverdiging om ‘n nuwe lens te koop waarmee ek drie soortgelyke mik-en-druk kameras kan koop, nou net bietjie moeiliker word, maar ek is seker ek sal ‘n gepaste motivering kry wanneer ek in die toekoms voor die probleem beland.

Groete

Bernard Richard (LPSSA 5*)