Monday, March 2, 2015


Perdeblom (Johann Perie)




Kamera en verstellings :
Nikon D3000 met standaard Nikon 18 - 55 Lens
Hoya +4 makro filter
F5.6
1/60 sek
ISO 200
 
‘n Vriend se dogter het die perdeblom in die veld gepluk.  Na baie onderhandeling en die verduideliking dat dit ‘n besondere onderwerp sal wees vir fotografie, en met die belofte van ‘n foto ter herinnering, het sy dit vir my gegee.
 
By die huis het ek dit regop op ‘n swart karton staan gemaak, die karton agter die blom opgebuig om
‘n agtergrond te vorm en dit alles op ‘n tafel staan gemaak.
 
Vir beligting is ‘n gewone flitslig (torch) gebruik wat aan die voorkant van die blom geplaas is.
Na verskeie pogings (met verstellings aan die flitslig en kamera ) is bostaande foto toe geneem.
 
Eksperimenteer !  Hier is nog twee foto’s wat geneem is met verskillende beligting.
Op die een het ek twee flitse geplaas aan weerskante van die blom, een met ‘n geel
filter en die ander met ’n groen filter.  Die foto is toe van die bokant af geneem. Die
ander een is met n geel filter voor die flits geneem.
 
Hoekom die foto ?  Inspirasie deur Lezzet Abbott.