Sunday, August 26, 2012

Dads old Sax – Tema: Side Lighting

Elke fotograaf het dit seker ook al ervaar dat sekere fotos sommer net gebeur, en ander weer met meer beplanning gepaard gaan.Dads old Sax Sommige fotos beteken vir jou as persoon meer as ander. Die foto “Dads old Sax” is my pa se saxofoon wat hy in die sestigerjare aangeskaf het toe hy in sy twintigs was. Hy is baie musikaal en bespeel ‘n hele paar instrumente. Van my klein dogtertjie herinneringe van my pa is waar ek op die mat sit in sy musiekkamer, en grootoog kyk hoe hy vriende en familie vermaak met die speel van sy klavier, trekklavier, orrel en saxofoon. Alhoewel hy nie nou meer so baie speel nie het hy nog onlangs met die Saxofoon “Stillenag” saam met die kerkorrel op Kersdag gespeel.

Ek wou graag sy instrumente “capture” omdat dit so groot deel van sy lewe uitgemaak het en nog steeds doen. Hierdie foto is een van hulle.

Die foto is nie spesifiek geneem vir die tema “Side Lighting” nie, maar het aan die vereistes voldoen.

Ek het gebruik gemaak van my “ lig tent “ asook een lampie wat slegs aan die linkerkant geplaas is. Ek het seker so 10 fotos geneem omdat ek eksperimenteer het met die hoeveelheid lig wat ek wou gebruik. Die foto is geneem met ‘n Canon EOS 50D, 50 mm lens, 2sec, f/22, ISO 160.

Michelle van Niekerk 4*

No comments:

Post a Comment