Friday, July 20, 2012

Langtoon 2 (ingeskryf by Julie Klubaand)

Ons was Kruger Wildtuin toe in April en het in Satara gekamp. Ek ry gewoonlik vroegoggend na ‘n watergat waar die lig vir my reg is en sit dan daar met my kamera gereed vir aksie tot so 10h00 en ry dan terug kamp toe.

na_04020008_Langtoon 2Hierdie foto is geneem by Nkayapan so 18km. suid van Satara. Daar was baie water in die veld a.g.v. reen en die diere het nie eintlik water kom drink nie. Die langtoon en ander voëls het daar rondgeloop en ek het maar rond en bont fotos van hulle geneem.

Hierdie een is teen 7 raampies per sek. geneem en ek het die beste een uitgesoek om in te skryf. Dit was so 08h20 en die lig was nog mooi.

Beligting was ½ stop onderbelig om detail in die wit gedeelte van voël te kry.

In Photoshop: “levels” gestel, “Saturarion” so 8, Ligte gedeelte bietjie met “burn tool” behandel vir meer detail en ge”sharpen”

Kamera Pentax K5
Lens Sigma 150-500 HSM
Fokusafstand 500mm
Sluiter 1/1000s
Aperture f/8
ISO ISO-400

Maartin Coetser (Meester Silver, APSSA)

1 comment: