Saturday, July 21, 2012

Kremetart – Elize van Rooyen

Ek was bevoorreg om deel te wees van ‘n groep van 18 persone wat Botswana besoek het gedurende die Junie vakansie. Ons was onder andere na Kubu eiland waar daar letterlik net soutpanne en Kremetartbome is. Ek het die vorige dag rondgeloop op die eiland om die ideale plekkie te kry om ‘n foto te neem met die sonsopkoms. Dinge het egter ‘n bietjie anders verloop want die volgende oggend was ons druk besig met oppak toe iemand vir my skree dat sonsopkoms oor 5 minute sou wees. Ek het inderhaas die kamera gegryp en gehardloop. Ek het kort-kort gestop om ‘n foto te neem. Die foto wat ek ingestuur het was toe nie op die uitgekose plek geneem nie want die tyd was te min om verder te hardloop. Dit was egter ‘n pragtige gesig met die wit soutpanne in die agtergrond en die son wat sy verskyning maak.

na_04020238_kremetartAlles was so helder en die lug was baie skoon.

Ek het die foto geneem om 7:00 die oggend op 26 Junie 2012

Ek is nog ‘n groentjie wat fotografie betref. Ek het my kamera (Canon 600D) einde 2011 aangeskaf en ‘n kursus in fotografie gedoen. Hierdie was my eerste inskrywings vir die klub. Ek was gelukkig dat dit nie nodig was om veranderings te doen aan die foto nie. Ek het die foto slegs “gecrop”

Kamera Canon 600 D
Sluiterspoed 1/50s
Lensopening f/9
ISO ISO-100
Fokusafstand 24mm
Klub Julie 2012 – COM ; 1* Wenner

Elize van Rooyen (1*)

1 comment: