Wednesday, July 18, 2012

"Cathedral in Milano" - B Grobler 3* - Julie 2012

Ek het grootgeword in 'n Italiaanse huis waar ek die kultuur van die Italianers aangeleer het.  Ek is ook baie geintresseerd in argitektuur (veral ou historiese en our Romeinse geboue), groot konstruksies, geskiedenis en enigiets wat vir my 'n mooi foto maak.  Ek is later getroud en ons gesin hou van reis.

th_04020021_Cathedral in MilanoOns het die geleentheid gehad om Milan te besoek, maar op daardie staduim het ek gebrekkige kennis van fotografie gehad. Die fotos wat ek destyds geneem het was baie swak. Derhalwe, het ek met ons terugkeer na Suid Afrika dadelik 'n proffessionele kursus bygewoon en vir my 'n beter kamera aangeskaf. Gelukkig kon ek terugkeer na Milan.  (My werksaamhede is van so 'n aard dat ek soms internasionaal moet reis.)  Ek ken die stad baie goed en neem graag fotos van minder bekende plekke wat nie altyd deur toeriste en raakgesien word nie en/of altyd prominent baie bekend is nie. Ek het weer tydens 'n werksgeleenthied in Milan die geleentheid gehad en my ou kamera Canon EOS 40D saam te neem.  (Ek het intussen die 40D ingeruil vir 'n Canon D5 Mark II.)

Elke oggend het ek deur my kamervenster gekyk met 'n uitsig oor die middestad van Milan.  Ek wou graag die die "Basilica of Saint Lawrence" in HDR afneem.  Ek het een oggend vroeg die kamera staangemaak op my hotel venster.  (Het nie driepoot gehad nie en een skoen moes gebruik word om die kamera te verstewig)  Dit was maar 'n bewolkte dag en was nie beindruk met die drie fotos wat ek geneem het nie. Die volgende oggend was 'n baie mooi oggend.  Op die ingewing van die oomblik het ek besluit om 'n monochroom foto te neem.  Ek het slegs die foto 'n bietjie "ge-crop" en die nodige groote gemaak met Picasa.

Fisiese adres van die gebou en sy omgewing:
Basilica of Saint Lawrence
Corso di Porta Ticinese, 39
Milan, Italie

Kamera Canon EOS 40 D
Sluiterspoed 13s Met afstand beheer om beweging te verhoed
Aperture f/10
ISO ISO-100
Flits Geen
Driepoot Een nommer 12 linkerskoen, kamera met veter vasgemaak om skud/beweging te voorkom.

Beau Grobler (3*)

No comments:

Post a Comment