Wednesday, July 18, 2012

Fauresmith Uithouvyf (ingeskryf by Julie Klubaand)

Ons was Fauresmith toe begin Julie om die 200km. perdeuithouwedren te gaan beleef en natuurlik was my hoofdoel soos altyd as ek iewers gaan om fotos te neem. Ek het voorheen fotos gesien wat deur ‘n onervare fotograaf geneem was in die mis waar die perde hardloop en dit het my so geïnspireer dat ek van mening was dat ek wenfotos kan neem in sulke omstandighede. Nodeloos om te sê dat daar hierdie keer geen teken van mis was nie. Dit was nie koud genoeg nie en die voggehalte was laag. Ek was ook vertel dat die perde soms vroegoggend wasem by hulle neuse uitblaas. Dit het ook nie gebeur nie.

pj_04020008_Fauresmith UithouvyfDie alternatief was dus om maar ander fotos te soek. Na elke 25km. is daar ‘n “Grooming point” waar die perde stop, voer en water kry, skoon gewas word en deur Veeartse ondersoek word of hulle verder kan hardloop. Daar is honderde voertuie wat heen en weer ry deur die ruiters se helpers en baie stof word hierdeur gemaak waar die perde langs die pad hardloop. Ek het hierdie geleentheid raakgesien en omtrent so 50 fotos geneem teen 7 raampies per sek. met ‘n skuins hoek teen die son om die stof te beklemtoon. Dit was reeds 09h30 en die stof het veroorsaak dat die lig sag was. Wanneer ‘n foto teen die son geneem word moet jy altyd sorg dat die sonlig nie direk op die lens val nie anders kry jy “lensflare” wat jou foto heeltemaal bederf. Hierdie foto is na my mening die beste een van die klomp.

Kamera Pentax K5
Lens Pentax 18-250mm
Sluiter 1/1000s
Aperture f/6.7
ISO ISO-560

Die Pentax K5 het ‘n funksie waar jy die lensopening en sluiterspoed kies en dan kies die kamera die ISO vir die regte beligting.

In Photoshop: “Levels” gestel, “Saturarion” so 10, donker gedeeltes ligter gemaak met “dodge tool”, ligte gedeeltes donkerder gemaak met “burn tool” en ge”sharpen”

Maartin Coetser (Meester Silver, APSSA)

No comments:

Post a Comment