Monday, November 14, 2011

Foto Uitstalling: Atterbury teater

 

100134 Preparing for the flightAan almal wat so baie hard gewerk het om hierdie uitstalling ‘n sukses te maak - baie dankie!   Die fotos is uitgestal in die voorportaal van die Atterbury Teater vanaf 25 Oktober 2011.

Ons het 71 foto's gedruk en het baie goeie terugvoer vanaf besoekers ontvang.

100107 Leader of the PackAan die wenners baie geluk, hulle is:

  • 1e plek:  Preparing for the flight, Chris Mulder
  • 2e plek:  Leader of the pack, Bennie du Plooy
  • 3e plek: Save Water, Zoe van der Spuy.

 

Die foto van Zoe het ook die aandag van die redaktrise van die tydskrif: "Spilpunt" getrek en verskyn as voorbladfoto op die volgende uitgawe - dis n groot pluimpie vir die uitstalling en baie geluk aan Zoë!   Verder was daar ook ‘n artikel in By, bylae van die beeld oor die poging.

100112 Save WaterDie fotos is natuurlik saamgevat in die fotoboek wat te sien is by klubaande.

Ons gaan ‘n uittreksel van die uitstalling by die jaareindfunksie uitstal vir die wat nog nie kans gekry het om hierna te kyk nie.  Kyk uit daarvoor en volgende jaar maak ons natuurlik weer so.

Groete

Arnold Theron

No comments:

Post a Comment