Monday, July 29, 2013

Night Trails – Eddie Everson

IMG_6910-1Onlangs is ek saam met ‘n groep fotograwe deur na Messina toe om  fotografie, veral “Night Trails “ daar te gaan oefen.  Die gedagte was om in die Kremetart woud in te gaan en mooi bome daar uit te soek om as die middelpunt van die “night trail” foto’s  te gebruik.  Ek het baie gestap en gesoek tot ek tevrede gevoel het dat ek die regte boom of klippe het vir my foto’s.

Met Night Trails is die belangrikste beginsel om jou foto rigting suid te neem, met die sirkel van jou sterre regoor jou voorgrond onderwerp.  In hierdie geval die boom.

startrail 2013-06-07 copyEk het so te werk gegaan:

  • Toerusting:  Ek het die foto’s geneem met ‘n Canon 7D en het ‘n 16 x 53 (2.8) wyehoek lens gebruik.  Die kamera  was laag op die grond opgestel.
  • Die volgende baie belangrike ding in hierdie tipe foto’s  is om die komposisie te bepaal.  Dit vat baie geduld en tyd.
  • Nog iets wat belangrik is om te onthou is dat daar geen lig in die omtrek moet wees nie.
  • In die geval van hierdie foto het ek ‘n ISO van 4600,F8 en 30sekondes ”continuous shooting” vir een uur (120 fotos) gebruik.
  • Met die eerste foto het ek die boom belig vir 1 sekonde (Painting with Light)
  • Die verwerking kan in photoshop of lightroom gedoen word deur al die fotos deur “focus stacking” te prosesseer om een foto te maak.
  • Die ander foto van die sterreruim was die ISO op 400, F8 en ook 30sekondes “continuous shooting” vir een uur (120 foto’s) gebruik.
  • Ek het die foto’s met photoshop geprosesseer.
  • GEDULD en OEFEN en AANHOU is die geheim vir sukses en op die end maak die mooi foto’s alles heeltemal die moeite werd.

IMG_6980Eddie

No comments:

Post a Comment