Friday, August 2, 2013

Verbyvaart – Beste voorgeskrewe onderwerp.

Ons was in November 2012 vir so 9 dae in Thailand met vakansie. Ons het die Sondagoggend ongeveer 06h00 in Bangkok aangekom en was so teen 09h00 by die Ibis Bangkok Riverside hotel waar ons 2 nagte oorgebly het. Die hotel is geleë op die oewer van die Chao Praya rivier. Ons het die middag verskeie tempels besoek en was nogal moeg met ons aankoms laatmiddag terug by die hotel aangesien ons maar min rus gekry het op die vlug na Bangkok wat so 11 ure deur die nag geduur het en ons die hele dag aan die gang was. Ek het uit ondervinding geleer dat as daar ‘n fotogeleentheid is moet jy dit dadelik aangryp want more is die geleenheid dalk nie weer daar nie. Ook maar goed so want die volgende dag het ons eers laat by die hotel aangekom na ‘n dagtoer en was die weer nie na wense nie en dit was ook al te laat vir nagfotos. Daar word in die algemeen gepraat van nagfotos maar die beste tyd vir nagfotos is egter net na sononder sodra die stadsliggies aangeskakel is. Later in die aand is die kontras te hoog en die lug kom swart uit i.p.v. blou wat beslis nie mooi is nie.

VerbyvaartEk het verskeie fotos geneem na sononder toe die stadsliggies mooi aangeskakel was. Daar het bote op die rivier heen en weer verbygevaar en ek het gedink dit sal dalk mooi wees om ook van hulle in die foto te laat beweeg behalwe vir fotos sonder bote. Dis altyd goed om alles te probeer en hierdie foto het toe goed uitgewerk. Die kamera was ‘n Pentax K5 met ‘n 18-250mm. Pentax lens op 35mm. teen f11, sluiterspoed 8 sek. en ISO 160. Ek het in RAW geneem met die witbalans op “Auto” alhoewel dit nie saak maak nie want jy kan in “RAW Editor” weer die kleurbalans verstel soos jy wil.

Redigering in Photoshop Elements 11 was “levels” verstel, met “skew” die geboue vertikaal gemaak “saturarion” so 10, hier en daar donkerder en ligter gemaak waar nodig en ook die kleur van die foto verstel sodat dit meer natuurlik lyk.

Maartin Coetser Meester – Goud APSSA

Klubinskrywing 8 Julie 2013 Goud - Beste voorgeskrewe onderwerp

No comments:

Post a Comment