Thursday, July 25, 2013

Black & White Portrait 8 Julie 2013 Klubaand

In Februarie vanjaar was ek lus vir 'n nuwe projek. Ek hou baie van kontraste tussen  'glad en grof'  of  'donker en lig'  en daarom wou ek 'n foto neem van iets wat verskillende elemente weerspieel.

Ek het my vriendin se dogter gevra om model te speel en sy het ingewillig.

Black and White PortraitEk het my Studio by die huis opgeslaan wat bestaan uit 1 Canvasprint vir agtergrond en 2 Bowens Prolite 82  190-250v ligte. Die ligte was nie gebruik vir "flash" fotografie nie en dus net nodig vir stil "fill-in ligts". Ek het gekyk dat die sluiterspoed en ISO genoeg was om genoeg lig deur te laat vir die effek wat ek wou kry op my onderwerp en ook seker gemaak dat my model stil sit al was die kamera op die driepoot. Een lig het agter teen die backdrop verlig en die 2de lig regs, skuins van voor.

Die tyd van die dag was 3nm en binne 'n toe, donker vertrek. Ek het so 2 toets foto's geneem en die res van die model in verskillende posisies.

My kamera wat ek gebruik het was die Canon 5D Mark III; 'n 28-135mm lens met 'n 73mm vokale zoom; F13 stop; 1/50 sec sluiterspoed en  250 ISO. White balace was op 'Auto' gestel.

Met die verwerking het ek die foto monochrome gemaak en dit gecrop asook die brightness/contrast bietjie verstel en die 'Blur' tool gebuik om die foto sagter te maak met photoshop Cs4.

Sjarma Luff  3*

No comments:

Post a Comment