Wednesday, January 30, 2013

Ou Hek – Lizan Maree

"Ou Hek" op 14 Jan 2013 vir "Doors, Gates and Portals"

Ongelukkig is die agtergrond oor hierdie foto meer 'n storie, as wat dit tegniese inligting is. Maar ek glo iemand sal dit interessant vind.

Ou HekDie fotografie-gogga het my al in my kinderjare gebyt, maar tydens my jaar in Engeland het dit meer as 'n belangstelling geword. Ek het vir my 'n Canon 450D aangeskaf, en skaars kafee toe gegaan sonder hom. Ek het maklik 600 foto's tydens 'n dag se toer geneem, en saans was my mede-reisigers altyd verwonderd oor my foto's dikwels vir hulle goedjies gewys het waarby hulle blindelings verbyloop. Aan die einde van my tydperk daar is ek na Wallis, en spesifiek Llanelli (uitgespreek as Clanethli), waar my groot-ouers vandaan verhuis het na Suid-Afrika. Ek het 'n foto onthou uit my Ouma se albums van 'n kerk, en die dorpie platgeloop op soek na die kerk op die foto. Hierdie hek was die ingang na die kerkie waarna ek opsoek was.

Soos dit meeste beginners betaam is die foto op "Auto" geneem, met my 18-55mm "kit" lens. Dit was saam met 1000'e foto's van my oorsese ontdekkings op DVD's gestoor, maar toe ek die tema vir die Klubaand sien het ek geweet dit is DIE foto wat ek wil inskryf. Met 'n paar verstellings aan die lig, kontras en "saturation" het ek die fokus op die roes en mos uitgebring, en 'n bietjie crop het die aandag gefokus op die kleurvolle "oudheid" van die hek. Die foto was so skeef geneem, om 'n besige agtergrond uit te sny.

Kamera Canon EOS 450D
F-stop f/5
Shutter speed 1/60 sec
ISO 400
Focal Length 45mm

Wat ek leer uit hierdie inskrywing is die volgende: moet nie ou foto's vergeet nie - soms het jy 'n wenner raakgesien, nog voordat jy geweet het jy is opsoek daarna. 

Lizan Maree 3*

No comments:

Post a Comment