Wednesday, January 23, 2013

Blou Reier Landing – Maartin Coetser

Die foto is geneem by Sunset Dam, Onder Sabie in die Kruger Wildtuin net na 09h00 in die oggend. Die Blou Reiers vlieg daar rond en gaan sit op die seekoeie om vis te vang. Ek dink dis vir hulle ‘n gerieflike plek om te sit want die seekoeie is nie gepla daaroor nie en daar is seker ook meer vis verder die dam in as naby die kant.

Blou Reier LandingEk het probeer om bietjie aksie vas te vang om my fotos meer trefkrag te gee en het heelwat fotos geneem waar hulle vlieg, land en selfs in die lug baklei asook wanneer hulle ‘n vis gevang het. Ek het ook ander goeie fotos gekry maar met baie steurende agtergrond.

Hierdie foto was een waarvan ek gehou het want die lig was baie mooi op die voël.

Die foto is geneem in RAW teen 1000e Sek. met Lensopening f8 en ISO 400 met ½ stop onderbelig om te verhoed dat die wit op die voël nie oorbelig nie.

Kamera is ‘n Pentax K5 en lens ‘n Sigma 150-500 Zoom. (Daar is ouens wat beweer dat hierdie lense nie skerp is nie waarmee ek natuurlik nie saamstem nie.)

Omtrent tweederdes van die foto is weggesny en een derde is gebruik omdat selfs vir die 500 mm. lens die toneeltjie bietjie ver was.

Baie min prossesering is gedoen, “Levels”, “Saturation” en “Sharpening” asook donker dele ligter gemaak met “Dodge Tool” en ligte dele met “Burn Tool”

Met hierde tipe fotos is liefde vir die natuur en baie geduld wat my betref deurslaggewend.

Maartin Coetser

Foto: Blou Reier Landing, Klubaand 14 Januarie 2013, Meriete sertifikaat in Meesters Goud.

1 comment: