Wednesday, March 29, 2017

SAAF Flight Museum's flight day

SAAF Flight Museum's flight day

CCC has been invited to the SAAF Flight Museum's flight day this coming Saturday, 1 April 2017 at Swartkops Airfield.

It all start at 08:30 and will be done by 12:00.

If you are interested, just send an email to leot@icon.co.za with "SATURDAY YES" in the email header.

It is a great opportunity to get photos of the airplanes.

The cost is a small donation of your own choice.

Please support this!

Hiermee die uitnodigingsbrief:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Komende Saterdag 1 April 2017 is weer vliegdag by die SA Lugmagmuseum op LMB Swartkop in Valhalla (Ou Johannesburg Pad).  Dit beteken is dat die afgetrede vliegtuie uitgesleep en gevlieg word.  Almal is welkom om te kom kyk.  Daar is nie ’n vaste program nie - jy moet kyk wat aan die gang is, watter vliegtuig gereed maak en fotos neem soos dit gebeur.  Die uitstalruimtes word ook oopgemaak en jy kan oa. historiese vliegtuie en ook die vuurpyl sien wat LEO (dit is nie ek nie!) sou lanseer - baaie foto geleenthede. (April mag daar meer aktiviteit as gewoonlik wees, aangesien daar ’n lugskou in Mei-maand plaatsvind)

Die vliegtuie word naby die draad aangeskakel en weer parkeer - so foto-neem is maklik!   Wil jy  nog meer weet oor vliegtuie afneem?  Gaan kyk hier:




Wanneer vliegprogram afgehandel is, sal ek so draai loop en sekere interessanthede by vliegtuie wat ek goed ken, deel -   ook vir die mense wat belangstel ’n staaltjie of twee vertel onder die vlerk van die Shackleton… byvoorbeeld 22500 liter hoĆ« oktaan brandstof, 4 Rolls Royce enjins met 96 vonkproppe, agt lugskroewe wat gesamentlik 10 000 perdekrag ontwikkel, 12 bemanningslede, kon ’n duikboot onder die water volg en vernietig, en ens ens ens… Of die Mirage vegter wat by Mach 2.00 kon draai...

Wie?:  Fotograwe - MFFC, PPS, CCC, MIDRAND

Waar?:  Lugmagbasis Swartkop - ingang Ou Johannesburgpad, Valhalla.

Wat nog?:  Die Gids sal teen 08:30 by die vluglyn sekere riglyne gee - net om dinge makliker te maak.

Hoe laat?:  Vanaf 08:30

Parkeerplek:  Ry by hek in, draal regs en na 5 meter links, parkeer in die groot oop area aan linkerkant.

Verversings: Toebroodjes, Pasteie, Worsrolletjies, Koeldranke en moontlik ’n bier is by stalletjies te koop. 

Hoe laat klaar?:  Ongeveer 12:00

Toegangsfooi?:  Gooi ietsie sag in by die hek - dit is al!

Fooi vir die Gids?:  Rand Zero

Wie is die Gids?: Hy het die e-pos geskryf…

Verwagte weer: Mooi weer word voorspel - Maak SEKER jy het ’n hoed en smeer daai doepa aan wat die son weghou

Toegangskaartjie?:  e-pos na Leo Theron leot@icon.co.za  met  "SATERDAG JA" in die onderwerplyn (Subject Line)

Hoop ek sien julle daar…

Mooi Loop

Leo Theron

PS:  

- Dit is nie ’n LUGSKOU nie, maar ’n vliegdag - vir fotograwe is dit ’n uitstekende geleentheid om vliegtuie af te neem… geen musiek, geen kommentaar, geen skares.

No comments:

Post a Comment