Monday, June 3, 2013

Groen appel - Bennie du Plooy

Ek noem die soort foto’s Skeppendefotografie Met ander woorde waar elemente opgestel word om 'n beeld vas te vang. “om 'n OOMBLIK in tyd vir ‘altyd’ Vas te Vang.”

imageDaarvoor is tegnologie die instrument (kamera en toerusting) vir die vasvang van die oomblik en skeppendekuns (visualiseer en verwerking van die onderwerp) nodig. Al twee aspekte is nodig om in harmonie die ‘perfekte’ kunsstuk (foto) daar te stel. Dit gebeur deur die druk van 'n knoppie van 'n persoon wat die basiese tegniese reëls van twee verskillende wêrelde naamlik tegnologie en visie in te span ‘om die OOMBLIK’ vas te vang.

Opstelling:

  • Skoon VISTENK (akwarium), half gevul met skoon water.
  • Swart agtergrond 50 cm agter tenk.
  • Skoon voorwerpe soos vrugte.
  • Kleur plastiek om onder in tenk te sit vir weerkaatsing.
  • 2 “flashes” op “slave” en High speed gestel. Skerm ingeboude kamera flash met wit papier voor af. (sodat nie in die tenk weerkaats nie)
  • Een flash van bo en die ander aan die kant.
  • Pentax Kamera met makrolens op 'n stewige driepoot.
  • F6.3 , ISO 160, 1/800 sec , 90 mm.
  • Vertrek redelik donker.
  • Hulp om voorwerp in tenk te laat val.

Wees nou geduldig en neem baie foto’s.

Bennie du Plooy 6*

No comments:

Post a Comment