Thursday, May 30, 2013

Gaudi Portal–Pieter van der Merwe

Ek het hierdie foto geneem tydens ‘n toer wat ek en my vrou (Wilhelma) onderneem het om ons 30ste huweliksherdenking te vier (Junie 2011).  ‘n 10 Dae meditereense bootvaart (van die 18 verdieping soort met te veel kos, baie swembaddens en nog meer mense).  En o ja, ‘n groot krediet kaart. 

Gaudi PortalOns het begin met drie dae in Barcelona, enige fotograaf se droom.  Veral die waarde heer Gaudi se geboue en argitektuur.

Antoni Gaudi (1852-1926) word beskou as een van die grootste argitekte van alle tye.  Hy het revolusionêre idees toegepas in elkeen van sy strukture/geboue, wat gelei het tot formele and strukturele innovasie gedurende die 20ste eeu.  Ek dink hy moes enige bouer se grootste nagmerrie gewees het.  Niks is reguit of haaks nie, maar werklik besonders.

Tydens hierdie toer was ek nog ‘n geen ster fotograaf, met ‘n Canon EOS 450D.  Die sluiterspoed was 1/60 sek, f/5.0, ISO 400.  Ek het so pas vir my ‘n Sigma 18 – 250 mm lens gekoop waarmee ek 99% van my foto’s tydens die toer geneem het.  Ek was ‘n 2 ster toe ek die foto ingeskryf het.  Dit foto het my gehelp om ‘n 3de ster by te kry.

Die uitdaging tydens ‘n toer soos hierdie, is om nie jou vrou te irriteer nie.  Maar tog op die uitkyk te wees vir besonderse fotos.  Daarom is dit belangrik dat ‘n mens ‘n foto vining moet neem as jy hom sien.  Daar is nie tyd om te wag vir ideale lig toestande nie.  Uit die hand uit.  Nog ‘n uitdaging is om al die ander toeriste uit die foto uit te hou.  Die eintlike rede hoekom ek vir my die Sigma 18 – 250 mm lens aangeskaf.  Dit verhoog net ‘n mens se opsies om die regte foto betyds te kan neem.

‘n Mens moet dus jou kamera baie goed ken.  Daar is nie baie tyd om die kamera en die lens reg te kry vir ‘n foto nie.

Op hierdie foto was daar genoeg lig in die gebou om teen ISO 400 en 1/60 sek ‘n goeie foto te kry.  Baie keer stabiliseer ek maar die kamera teen ‘n muur of pilaar.  Kan nie onthou of ek dit hier gedoen het nie. 

Die enigste toeris wat ek nie uit die foto kon (wou) kry nie was die slanke meisie met die swart nommertjie.  Mens moet maar jou geleenthede benut as hulle verby kom!

Ek het net die basiese verwerking na die tyd gedoen met Photoshop Elements (ek dink dit was nog 9 op daardie stadium).  As ek reg onthou, so bietjie kontras, sharpening en so van die geraas agv van ISO 400.

Ek sou beslis Barcelona aanbeveel as ‘n ideale klub uitstappie!

Pieter van der Merwe

 

clip_image002

No comments:

Post a Comment