Saturday, February 16, 2013

Foto terugvoer en kommentaar geleentheid

As hierdie my foto was…

Ons wil graag probeer om lede meer geleenthede te gee om terugvoer op fotos te kry.  Die volume fotos op ‘n kompetisieaand maak dit baie moeilik om aan al die fotos aandag te gee wat hulle verdien.  Daar is die moontlikheid om hierdie Blog te gebruik om verder teruvoer te gee sodat meer lede daarby kan baat vind.

As ‘n toets wil ons die volgende probeer

Lede kan vra vir kommentaar van enige foto wat hy in die laaste kompetisie insgeskryf het.  Hierdie fotos is relevant want meeste van ons het dit in kompetisie verband gesien.

  1. Stuur ook jou oorspronklike foto aangeheg soos voor jy met verwerking begin het om te help om beter kommentaar en alternatiewe voorstelle te kry.  Die foto wat jy ingeskryf het, het ons reeds en jy kan net die titel stuur.
  2. Hierdie fotos sal dan na ‘n paneel gestuur word vir vrywillige kommentaar en voorstelle.
  3. Fotos waarop daar genoeg en sinvolle kommentaar van die paneel terug gekry word sal hier bespreek word saam met voorbeelde van die oorspronklike en verwerkings voorstelle.

Die doel is die volgende:

  1. Om almal te help met alternatiewe opsies of benaderings om fotos te verwerk of aan te bied, aangesien daar nie een regte manier is nie.
  2. Praktiese voorbeelde te gee van die verwerkingsvoorstelle.
  3. Dis nie bedoel om kommentaar te lewer op die resultaat of kommentaar wat in die kompetisie verkry is nie.
  4. Om so veel as moontlik fotos te hanteer, maar waarskynlik sal ons nie almal wat ingestuur word kan hanteer nie.

Omdat die oorspronklike foto groot kan wees sal ek dit waardeer as jy die versoek kan epos na: ccc.webalbums@gmail.com en nie na ons normale klub epos adres nie.  Stuur sommer nou die oorspronklike foto asook die titel waaronder jy ingeskryf het.  Jy is welkom om ‘n spesifieke vraag in te sluit.

Groete

Bernard Richard

No comments:

Post a Comment