Sunday, November 13, 2016

CCC Jaareind Funksie

Ons jaareindfunksie vir 2016 vind plaas op 19 November om 15:00.
 
Plek:             Hoek van Lochner en Tulip (selfde plek as verlede jaar) (GPS S 25 53 04.6 E 28 04 15.9): Klik op die skakel vir ‘n Google map
Datum:          19 November
Tyd:              15:00 tot laat 
 
Lochner is die verlenging van Ruimteweg.  Vir toegang gebruik asb. die oranje hek in Tulip straat

Die klub sal braaivleis vure, bykosse (slaaie, brood en speserye) en nagereg verskaf.
 
Wat moet jy bring:
 
·       Jou eie vleisie
·       Drinkgoed
·       Eetgerei (’n paar braaitange sal great wees)
·       Jou eie stoel (daar is sitplek, maar dalk nie genoeg nie J)
·       Jou partytjie skoene…..
 
Ons gaan ook op die dag die klub se jaarlikse prysuitdeling doen.  So kom en “celebrate” saam met jou mede fotograwe die suksesse van die jaar.
 
Ons sien uit om jou en jou gesin te sien op die dag.
 
RSVP asb voor 15 November 2016 sodat ons kan seker maak ons berei voor vir die regte hoeveelheid mense. RSVP by Herman (herman_groenewald@yahoo.com), 0784289551 of uitstappie WhatsApp groep
 

Net om te bevestig, Die ingang na die perseel is omtrent so 60m vanaf die hoek as jy vanuit die R114 in Lochnerstraat indraai. By die ingang is daar is ‘n oranje staalhek.
Die koördinate is S 25 53 04.6   E 28 04 15.9 (sien kaart aangeheg).

No comments:

Post a Comment