Tuesday, February 24, 2015

Verwelk (Michelle van Niekerk )


 Winner-Senior Winner-Best of Event


Ek het besluit om hierdie jaar bietjie te fokus op die afneem van blomme en hierdie foto  is een van my pogings.

Die blom kom van ‘n plantjie wat ek al verlede seisoen gekoop het en in my tuin geplant het juis met die idée om dit een of ander tyd af te neem.

Dit is geneem op ‘n bank in my tuin een middag laat toe die lig al mooi sag was.  Ek is mal oor my Canon 50mm F1.8 lens, een van Canon se goedkoopste lense. 

Ek het ‘n paer fotos geneem en geeksperimenteer met die diepte van veld.  Ek hou baie van die feit dat die agtergrond so uit fokus is en op F1.8 is daar slegs ‘n klein area in fokus.

Die tekstuur en kleur  van die hout  bank dra ook by tot die foto. 

Die foto is geneem op 50mm F1.8, ISO 400, 1/500sec, met ‘n Canon 7D. Geen flash is gebruik nie,  maar ek het wel ‘n driepoot gebruik.

No comments:

Post a Comment