Thursday, February 20, 2014

Platycorynus dejeani solo

 

Gerda en ek het vroeg oggend ±8:24 op 30 Desember 2013 in die veld gestap stap naby Swartruggens met die doel om veld blomme af te neem toe ons op hierdie kewertjie afkom.

Hierdie klein kewer is besonders mooi en baie seldsaam vir ons hier in Gauteng.

Platycorynus dejeani solo1080pDit kom in 'n baie smal strook van noord Natal, Swaziland, die bekende ou Transvaal al om sy rand in die ooste van die Kruger wildtuin, Limpopo rivier, weste kant van Noord Wes en effens afwaarts tot aan die die Botswana grens naby Gabarone. Dus die warmer dele van die land en hulle is baie lief vir die wilde melkbos (Asclepias fructicosa).

Die melkbos kewer word ±11mm lank en sy kleure verander soos wat die lig op hom val, vandaar sy naam dejeani. Sy kleure wissel van donker pers, rooi, diep pienk, oranje, donker groen, geel en donker bou, afhangende van die lig se invalshoek. In die middel van die dag is hulle nie so kleurvol nie. Hulle klou ook nie regtig vas aan die blare nie en die geringste beweging laat hulle afval en dan neem dit baie lank voordat hulle weer op 'n blaar is. Wanneer jy hom op 'n blaar wil help, rol hy eenvoudig af!

Omdat ek nie van oordrewe prosesseering hou nie, is daar baie min aan hierdie foto gedoen.

Ek gebruik Corel AfrerShot Pro vir my aanvanklike verwerking en daarna Corel PaintShop Pro 16 vir my finale verwerking. Die skerpte, kontras en swart is effens opgestoot en die beligting aangepas om reg te vertoon op my IPS skerm.

Die verstellings was as volg:

Kamera Pentax K-30 (hy is kleiner as my Pentax K-5 en ligter om te dra)
Lens Pentax 50mm Makro
Lens Opening F11
Sluiterspoed 1/125 s
ISO 320
Ligsensor Center-weighted-average
Program Manual
Witbalans Manual

My sukses verhouding was nie goed nie, ±1/15 want hulle beweeg konstant en velddiepte is amper nul plus hulle val maklik van die blaar af. Verder het die wind sterk gewaai en ek het die kamera met een hand vasgehou en die struik se takkie met die ander hand en die twee hande teen die kamera gesteun vir stabiliteit.

Jan H Potgieter

No comments:

Post a Comment