Wednesday, January 29, 2014

HELP!–Jan Potgieter

Hier is ook 'n bietjie info oor die Meriete Sertifikaat wat ek hierdie maand gekry het in natuur.

Afdeling  : Natuur
Titel        : Help!

Die foto moes ek eenvoudig neem. My kleinseun van 2 jaar het met die wurm in sy hand na my gekom en gesê: Oupa Neem!  Ons het hom gou in 'n bottel gesit en 'n geskikte plek gekry waar die tuin redelik eengalig groen is vir die agtergrond. ons het 'n stokkie gekry en dit maak staan, die kamera op 'n driepoot en 'n flits vir invul lig aan die linkerkant en reflektof aan die regterkant met die laat middag son net besig om ons in skadu te plaas.

Die werklike naam vir hierdie harige wurm is: Rhodogastria Amasis

Die kamera verstellings was as volg:

Kamera Pentax K-5
Lens Pentax 100mm Makro ±15 jaar oud
Lensopening f11
Sluiterspoed 1/90sek
ISO 280
Lig sensor Center-weighted-average
Program Manual
Witbalans 5000K

Help 1080pDie eerste paar fotos het ek sonder die wurm geneem on my kamera verstelling reg te kry en toe begin die sport! Ons sit die harige brandwurm op die stok en hy begin kruip teen 'n groot spoed. Wanneer hy op die end van die stok kom begin hy met sy voorlyf 'n sirkel beweging soos 'n vliegtuig se prop totdat hy van die stok afval. Dit neem so 'n totaal van 5sekondes. Die velddiepte is totaal ontoereikend vir sy mannawales en ek moes 'n oomblik kies waar ek die knoppe druk en hoop daar is iets in fokus.

Ons het groot pret gehad om elke keer hom te kry en weer terug op die stok te kry. Daar het ons geleer wanneer is/word hy 'n brandwurm!

Die grootste uitdaging is seker om geduldig te wees en weer en weer te probeer totdat jy 'n aanvaarbare foto het.

My sukses verhouding was ±1/20 en toe word die lig te swak.

Daar is min verwerking gedoen en het die volgende verstellings gemaak met Corel AfterShot Pro:

  • Skerpte +25%
  • Saturation 0%
  • Contrast +10%
  • Noise 0%
  • Black +10%
  • Vibrance +10% algemeen.

Jan Potgieter

No comments:

Post a Comment