Thursday, September 19, 2013

Foto afdrukke – Gala aand

Centurion Kamera Klub se afdrukke uitstalling begin een van die dae en ons wil jou graag daar sien.  Die Gala openingsaand is 30 September om 7nm by Nikon House, Midstream Business Park, Erasmus rd (ingang grey Owl winkelsentrum). Almal is welkom om by te woon - bring gerus jou familie en vriende saam. Kom besigtig 70 van die klub se beste foto's hier uitgestal.

Hierdie uitstalling bly oop vir die publiek van 8vm tot 5nm deur die week en sluit Saterdagoggend 5 Oktober ( oop tot 11vm)

Eet & drinkgoed word gratis verskaf - moenie die geleentheid misloop nie! Laat weet asb vir Helouise per epos hoeveel mense sal bywoon. Haar epos adres is secretary@centurioncameraclub.co.za

No comments:

Post a Comment