Monday, November 19, 2012

Jaarlikse fotouitstalling

“You don’t take a photograph, you make it.” -Ansel Adams

Aan almal wat deelgeneem het aan ons jaarlikse fotouitstaling by Nikon-house baie dankie vir julle entoesiastiese deelname! Ook vir almal wat hard gewerk het om als bymekaar te bring op die openingsaand, dit het 'n regte spanpoging geneem om alles te laat gebeur. Alle aanduidings is dat dit n groot sukses was en die geleentheid het ons klub se fotografiese talent oortuigend ten toon gestel. Die foto's was in die algemeen van baie hoë standaard en het heelwat gunstige kommentaar van Nikon en ons gaste op die openingsaand uitgelok.

Skadu's in die gang_Helouise MulderBaie geluk aan Helouise Mulder as goue medaljewenner met die foto: "Skadu's in die gang", Tertius Kotze vir sy silwermedalje met die foto: "Spook Trolley" en Evelyn Gibson met 'n bronsmedalje vir: "Jicana". Die beoordelaars was Toni Balotta en Gus Waschefort.

'n Versameling foto's van die uitstalling sal by die jaareindfunksie uitgestal word. Ons vertrou al die foto's sal meer permanent plek vind teen die mure van jul huise en plek maak vir meer in die toekoms. Ons maak natuurlik volgende jaar weer so - die keer by die Centurion kunsgallery.

Arnold Theron.

Visit the Print fotos Album or look at an Album of the event

No comments:

Post a Comment