Monday, October 22, 2012

Laaste 2012 Uitstappie

Die jaar se uitstappies is afgesluit op 'n hoogtepunt.  Die tema was mode fotografie.  Daar was om en by 15 fotograwe wat die geleentheid bygewoon het en ons 3 modelle het fasinerende uitrustings aangehad.  Dankie aan Elizna van den Berg van D3 design wat die uitrustings vir ons beskikbaar gestel het. Dit was waarlik ‘n fees om af te neem.

Ek maak dan ook van die geleentheid gebruik om julle vaarwel toe te roep en dankie te se vir almal wat deur die jaar my uitstappies by gewoon het.  Dit was harde werk maar ek het dit net so baie geniet soos julle (indien nie meer:-) )

Groete

Maryka

Foto deur Jan Potgieter.  Die volledige album is op ons  Facebook bladsy.

No comments:

Post a Comment