Tuesday, May 15, 2012

Salon terugvoer

Ek wil graag vir Andre Norris gelukwens met die reelings van Centurion Mono Salon. Ek het al vir 'n hele paar salonne in die verlede beoordeel en daarom moet ek melding maak van die manier waarop Andre dit gereel het.

Hy het ons as beoordeelaars gereeld op hoogte gehou m.b.t. die reelings. Die Salon het op 5 Mei gesluit en die pakkies met fotos vir beoordeeling sou op die laatste op 12 Mei by die beoordeelaars afgelewer word en hy het die "scoresheets" terug verwag teen 26 Mei. My pakkie was egter op Maandagoggend 7 Mei afgelewer en ek het die "scoresheet" op Vrydag 11 Mei aan hom ge E-pos. Dieselfde aand het ek 'n E-pos van hom ontvang met die 7 fotos wat die hoogste gemiddelde punte gekry het tussen die 3 beoordeelaars. Saterdagoggend 12 Mei was die wenners deur ons 3 beoordeelaars aangewys waarop hy ons onmiddelik weer per E-pos bedank het vir ons beoordeling.

So nogmaals baie geluk Andre dit was 'n plesier om saam met jou te werk.

Maartin Coetser

No comments:

Post a Comment