Monday, July 29, 2013

Night Trails – Eddie Everson

IMG_6910-1Onlangs is ek saam met ‘n groep fotograwe deur na Messina toe om  fotografie, veral “Night Trails “ daar te gaan oefen.  Die gedagte was om in die Kremetart woud in te gaan en mooi bome daar uit te soek om as die middelpunt van die “night trail” foto’s  te gebruik.  Ek het baie gestap en gesoek tot ek tevrede gevoel het dat ek die regte boom of klippe het vir my foto’s.

Met Night Trails is die belangrikste beginsel om jou foto rigting suid te neem, met die sirkel van jou sterre regoor jou voorgrond onderwerp.  In hierdie geval die boom.

startrail 2013-06-07 copyEk het so te werk gegaan:

  • Toerusting:  Ek het die foto’s geneem met ‘n Canon 7D en het ‘n 16 x 53 (2.8) wyehoek lens gebruik.  Die kamera  was laag op die grond opgestel.
  • Die volgende baie belangrike ding in hierdie tipe foto’s  is om die komposisie te bepaal.  Dit vat baie geduld en tyd.
  • Nog iets wat belangrik is om te onthou is dat daar geen lig in die omtrek moet wees nie.
  • In die geval van hierdie foto het ek ‘n ISO van 4600,F8 en 30sekondes ”continuous shooting” vir een uur (120 fotos) gebruik.
  • Met die eerste foto het ek die boom belig vir 1 sekonde (Painting with Light)
  • Die verwerking kan in photoshop of lightroom gedoen word deur al die fotos deur “focus stacking” te prosesseer om een foto te maak.
  • Die ander foto van die sterreruim was die ISO op 400, F8 en ook 30sekondes “continuous shooting” vir een uur (120 foto’s) gebruik.
  • Ek het die foto’s met photoshop geprosesseer.
  • GEDULD en OEFEN en AANHOU is die geheim vir sukses en op die end maak die mooi foto’s alles heeltemal die moeite werd.

IMG_6980Eddie

Thursday, July 25, 2013

Black & White Portrait 8 Julie 2013 Klubaand

In Februarie vanjaar was ek lus vir 'n nuwe projek. Ek hou baie van kontraste tussen  'glad en grof'  of  'donker en lig'  en daarom wou ek 'n foto neem van iets wat verskillende elemente weerspieel.

Ek het my vriendin se dogter gevra om model te speel en sy het ingewillig.

Black and White PortraitEk het my Studio by die huis opgeslaan wat bestaan uit 1 Canvasprint vir agtergrond en 2 Bowens Prolite 82  190-250v ligte. Die ligte was nie gebruik vir "flash" fotografie nie en dus net nodig vir stil "fill-in ligts". Ek het gekyk dat die sluiterspoed en ISO genoeg was om genoeg lig deur te laat vir die effek wat ek wou kry op my onderwerp en ook seker gemaak dat my model stil sit al was die kamera op die driepoot. Een lig het agter teen die backdrop verlig en die 2de lig regs, skuins van voor.

Die tyd van die dag was 3nm en binne 'n toe, donker vertrek. Ek het so 2 toets foto's geneem en die res van die model in verskillende posisies.

My kamera wat ek gebruik het was die Canon 5D Mark III; 'n 28-135mm lens met 'n 73mm vokale zoom; F13 stop; 1/50 sec sluiterspoed en  250 ISO. White balace was op 'Auto' gestel.

Met die verwerking het ek die foto monochrome gemaak en dit gecrop asook die brightness/contrast bietjie verstel en die 'Blur' tool gebuik om die foto sagter te maak met photoshop Cs4.

Sjarma Luff  3*

Monday, July 22, 2013

Waiting for the train, the test shot that ended up a winner

It was Wednesday morning and I just woke up and realised that the due date for submission for the club entries is that evening and I’ve not taken a long exposure photo. I went out in the cold and took some photos of cars travelling on the highway. While I was standing in the cold, I realised that the photos in not coming out as well as I was hoping. An idea than surfaced as to a shot I’ve wanted to take for ages.

Train Ride To Work

I use the Gautrain on a daily basis to and from work. Always when I wait for the train, I imagine photos that I want to take. The one photo that seems to get stuck in my mind the most often is the one where a person is waiting for the train and the train passes them. It is one thing to think about the photo and another to actually get the energy to take the photo.

One of the biggest challenges for a photo like this is to find only one person to use as a subject, especially at the times I use the train. What I did was when I arrived at the Rosebank station at 7 o’clock in the morning is I used the other line that travels to Pretoria. It is not as busy that time of the morning.

I used my trusty little Canon Powershot G1 X pocket camera and set the exposure time to just less than a second and the ISO at 100. The resultant aperture value was then f/5.0 which is sufficient depth of field on the small sensor of the G1 X.

Because the security guards at the Gautrain station are a little over eager, I tried not be too obvious at what I’m doing.  I waited around 10 minutes for the train to arrive, the whole time hoping and praying that an interesting subject / passenger will arrive. I was in luck in that just before the train arrived, a young lady came and stood in front of me.

What usually happens is that the train on the further tracks arrive first, closely followed by the near train. As the furthest train arrived, I decided to take a test shot just to make sure that there is enough movement in the photo. I went down low on my haunches and kept the little camera close to my body to try and negate any movement in the camera itself as I did not have a tripod.

I saw from the test shot that there was sufficient movement and all I had to do was wait for the train to arrive. But that is when my luck ran out. As the train arrived, the lady started moving away and out of my shot. Because I was on my haunches I could not move fast enough to follow her and that left me with no shot. I wanted to cry.

When I finally imported the images from the mornings shoot on my computer, I saw that the test shot actually wasn’t that bad and quite useable.

In post processing I changed the exposure slightly. I also underexpose my image in RAW as I found that it is much easier to bring in detail in the shadows than it is to recover detail in the whites. I worked on the contrast, blacks and whites to make the tonal range a little greater. The actual monochrome conversion was done in Silver EFex Pro 2.

And that was it. I am a little surprised at the reception I’ve received on the image. It just goes to show that it is not always the well planned out shoots that work. I love street photography and this was a great learning curve for me.

Nico Strydom 4*

July 2013; Best of event, Senior Winner, 4 Star winner

Thursday, July 18, 2013

Blou reier met paddavangs

Klubinskrywing 8 Julie 2013 - Meriete sertifikaat

Ons was vanaf 11 tot 19 Mei in Onder Sabie ruskamp in die Kruger Wildtuin. Sunsetdam is net buite die kamp geleë en daar is gewoonlik baie fotogeleenthede. Hierdie keer was daar egter nie baie voëls soos in die verlede nie. Ek ry nie baie rond in die wildtuine nie om verskeie redes.

Eerstens as jy iets kry wat die moeite werd is om af te neem is daar gewoonlik baie ander motors wat dit moeilik maak om in die regte posisie te kom vir ‘n goeie foto. Meestal is die agtergrond dan ook nie reg nie en die rigting van die sonlig is gewoonlik ook verkeerd. Dikwels is daar ook lang gras en bosse wat dit onmoonlik maak vir enige foto.

Ek ry altyd vroeg uit en gaan sit by ‘n watergat of dam waar ek met my voertuig so stop dat die lig reg sal val op ‘n dier of voël wat daar mag opdaag en ry so teen 10h00 of 10h30 terug kamp toe. Dan gaan ons weer so teen 15h00 se kant uit en doen dieselfde.

Blou reier met paddavangsEk het hierdie bloureier by Sunsetdam lank dopgehou met my kamera en lens reg vir aksie want ek weet as hy so in die water rondloop gaan hy een of ander tyd iets vang. Met die vangslag druk jy die sluiterknoppie en ek neem teen 7 fotos per sek. Ek het met tussenposes so 3 of 4 fotos elke keer geneem. Na ‘n tyd het hy egter weggevlieg met die padda. Ek het nie verwag hy gaan vlieg nie en het sy vlerke dus deur die raampie afgesny omdat hy met oop vlerke baie groter was in die raam en daar nie tyd was om terug te zoom nie. Sulke dinge gebeur soms en ek sou hom graag in vlug wou kry met die padda in sy snawel, maar ja dis weer een wat weggekom het.

Die foto is ongeveer 16h00 in die middag geneem met ‘n Pentax K5 en ‘n Sigma 150-500mm. Zoomlens teen f6.3, sluiterspoed 1/1000e sek. en ISO 280. Ek stel die kamera op outo ISO, kies die lensopening en sluiterspoed en die kamera moet dan die ISO kies vir die regte beligting.

Wat redigering betref het ek die “levels” effens verstel, asook die “saturation” na so 8 verstel, hier en daar bietjie donkerder sowel as ligter gemaak waar nodig en “gecrop” in Photoshop Elements 11.

Maartin Coetser Meester – Goud APSSA

Monday, June 3, 2013

Groen appel - Bennie du Plooy

Ek noem die soort foto’s Skeppendefotografie Met ander woorde waar elemente opgestel word om 'n beeld vas te vang. “om 'n OOMBLIK in tyd vir ‘altyd’ Vas te Vang.”

imageDaarvoor is tegnologie die instrument (kamera en toerusting) vir die vasvang van die oomblik en skeppendekuns (visualiseer en verwerking van die onderwerp) nodig. Al twee aspekte is nodig om in harmonie die ‘perfekte’ kunsstuk (foto) daar te stel. Dit gebeur deur die druk van 'n knoppie van 'n persoon wat die basiese tegniese reëls van twee verskillende wêrelde naamlik tegnologie en visie in te span ‘om die OOMBLIK’ vas te vang.

Opstelling:

  • Skoon VISTENK (akwarium), half gevul met skoon water.
  • Swart agtergrond 50 cm agter tenk.
  • Skoon voorwerpe soos vrugte.
  • Kleur plastiek om onder in tenk te sit vir weerkaatsing.
  • 2 “flashes” op “slave” en High speed gestel. Skerm ingeboude kamera flash met wit papier voor af. (sodat nie in die tenk weerkaats nie)
  • Een flash van bo en die ander aan die kant.
  • Pentax Kamera met makrolens op 'n stewige driepoot.
  • F6.3 , ISO 160, 1/800 sec , 90 mm.
  • Vertrek redelik donker.
  • Hulp om voorwerp in tenk te laat val.

Wees nou geduldig en neem baie foto’s.

Bennie du Plooy 6*

Thursday, May 30, 2013

Gaudi Portal–Pieter van der Merwe

Ek het hierdie foto geneem tydens ‘n toer wat ek en my vrou (Wilhelma) onderneem het om ons 30ste huweliksherdenking te vier (Junie 2011).  ‘n 10 Dae meditereense bootvaart (van die 18 verdieping soort met te veel kos, baie swembaddens en nog meer mense).  En o ja, ‘n groot krediet kaart. 

Gaudi PortalOns het begin met drie dae in Barcelona, enige fotograaf se droom.  Veral die waarde heer Gaudi se geboue en argitektuur.

Antoni Gaudi (1852-1926) word beskou as een van die grootste argitekte van alle tye.  Hy het revolusionêre idees toegepas in elkeen van sy strukture/geboue, wat gelei het tot formele and strukturele innovasie gedurende die 20ste eeu.  Ek dink hy moes enige bouer se grootste nagmerrie gewees het.  Niks is reguit of haaks nie, maar werklik besonders.

Tydens hierdie toer was ek nog ‘n geen ster fotograaf, met ‘n Canon EOS 450D.  Die sluiterspoed was 1/60 sek, f/5.0, ISO 400.  Ek het so pas vir my ‘n Sigma 18 – 250 mm lens gekoop waarmee ek 99% van my foto’s tydens die toer geneem het.  Ek was ‘n 2 ster toe ek die foto ingeskryf het.  Dit foto het my gehelp om ‘n 3de ster by te kry.

Die uitdaging tydens ‘n toer soos hierdie, is om nie jou vrou te irriteer nie.  Maar tog op die uitkyk te wees vir besonderse fotos.  Daarom is dit belangrik dat ‘n mens ‘n foto vining moet neem as jy hom sien.  Daar is nie tyd om te wag vir ideale lig toestande nie.  Uit die hand uit.  Nog ‘n uitdaging is om al die ander toeriste uit die foto uit te hou.  Die eintlike rede hoekom ek vir my die Sigma 18 – 250 mm lens aangeskaf.  Dit verhoog net ‘n mens se opsies om die regte foto betyds te kan neem.

‘n Mens moet dus jou kamera baie goed ken.  Daar is nie baie tyd om die kamera en die lens reg te kry vir ‘n foto nie.

Op hierdie foto was daar genoeg lig in die gebou om teen ISO 400 en 1/60 sek ‘n goeie foto te kry.  Baie keer stabiliseer ek maar die kamera teen ‘n muur of pilaar.  Kan nie onthou of ek dit hier gedoen het nie. 

Die enigste toeris wat ek nie uit die foto kon (wou) kry nie was die slanke meisie met die swart nommertjie.  Mens moet maar jou geleenthede benut as hulle verby kom!

Ek het net die basiese verwerking na die tyd gedoen met Photoshop Elements (ek dink dit was nog 9 op daardie stadium).  As ek reg onthou, so bietjie kontras, sharpening en so van die geraas agv van ISO 400.

Ek sou beslis Barcelona aanbeveel as ‘n ideale klub uitstappie!

Pieter van der Merwe

 

clip_image002

Friday, May 24, 2013

Villa Amor

Ons klub se Makro werksessie is die maand weer by Villa Amor.  Hierdie is ‘n bymekaarkom plek ideaal vir so ‘n geleentheid en ek dink min ander klubs is so bevoorreg om soos CCC toegang te hê tot so ‘n fassiliteit.  Ons wil daarom die vrymoedigheid neem om ons lede aan te moedig om Villa Amor te ondersteun en op die manier ook vir hulle te help.  So as jy slaapplek soek of kuierplek soek, kontak gerus vir Barry!

clip_image002

clip_image002[5]