Thursday, June 14, 2012

By soek kos

Ek het ‘n jong kapokboom in my tuin wat vir die eerste jaar regtig geblom het. Die oggend wat ek besluit het om die bye af te neem was hulle vreeslik bedrywig. Ek wou graag een in vlug afneem. Dis egter baie uitdagend aangesien hulle vir ‘n baie kort oomblik voor die blom wat hulle gekies het “stil” hang. Ek het my macro lens gebruik sodat ek lekker naby kan kom. Aangesien die bye so bedrywig was het ek die kamera op “Action/Sport” gestel sodat hy so vinnig moontlik fokus – daar is geen manier wat ek met die hand so vinnig kan fokus nie. Al die bye vlieg nie noodwendig van voor af in ‘n blom in nie en hulle kies verskillende plekke om te land. Hierdie betrokke een het buite op die blom geland en ek het hom per ongeluk gevang. Ek het eers na die tyd toe ek deur die fotos op die rekenaar gaan gesien dat dit ‘n treffende foto is. Moes so bietjie “crop”.By soek kos

  • Tegnies:
  • f/stop :  4
  • spoed:  1/2000
  • lens :  100 mm makro
  • “action/sport preset”
  • Kamera: Sony Alpha 77

Groete, Alwyn van der Merwe

No comments:

Post a Comment