Monday, September 26, 2016

Anual Print event

On behalf of the Centurion Camera Club we would like to remind everybody about our premier annual photo prints exhibition evening to be held at the Centurion Art Gallery.  The exhibition is a joint event with Midrand and Impala Platinum clubs and showcases around 100 prints. The exhibit runs from October 3rd till October 14th and is open to the public. 
Our gala opening event takes place on October 3rd at 7 p.m.


Monday, September 5, 2016

Centurion Cameraclub Print Event

Print

Centurion kameraklub bied aan in samewerking met Midrand en Impala klub ons jaarlikse publieke  fotouitstalling vanaf  3-14 Oktober by die Centurion Kunsgallery. Die gala openingsaand is Maandagaand 3 Oktober. Lede word uitgenooi om ‘n maksimum van 4 foto’s  in te dien wat die afgelope 12 maande geneem is ( enige onderwerp ). Die uitstalling bied fotograwe ‘n spoggeleentheid om hul vernuf in die openbaar te vertoon.  Inskrywings is aanlyn en sal namens lede gedruk en uitgestal word op topgehalte fynkunsmedia. Medaljes en pryse sal toegeken word aan die top foto's soos beoordeel tydens die openingsaand.  Koste is R140 per foto en bly die eiendom van die fotograaf.  Onthou inskrywings sluit 11 September.

Centurion camera club, in cooperation with Midrand & Impala clubs presents our annual prestige prints exhibition event from October 3rd to 14th at the Centurion Art Gallery. The gala opening evening is on October 3rd. Members are in invited to submit up to 4 images taken in the past 12 months ( any topic ). Entries are to be submitted on line and will be printed and exhibited on behalf of members using top quality fine art media. The exhibition affords photographers a rare opportunity to showcase their work in a public space. Entries are R140 per print and will remain the property of the photographer. Please remember the closing date is September 11th.

The Excel document with the entry detail can be found here

Arnold het soos belowe met ons kuieraand 'n ICC profiel vir die Epson Velvet Fine Art Printer opgestel wat kan gebruik word vir "soft proofing" van fotos.  Die link na die dokument is hier

Monday, March 2, 2015


Perdeblom (Johann Perie)




Kamera en verstellings :
Nikon D3000 met standaard Nikon 18 - 55 Lens
Hoya +4 makro filter
F5.6
1/60 sek
ISO 200
 
‘n Vriend se dogter het die perdeblom in die veld gepluk.  Na baie onderhandeling en die verduideliking dat dit ‘n besondere onderwerp sal wees vir fotografie, en met die belofte van ‘n foto ter herinnering, het sy dit vir my gegee.
 
By die huis het ek dit regop op ‘n swart karton staan gemaak, die karton agter die blom opgebuig om
‘n agtergrond te vorm en dit alles op ‘n tafel staan gemaak.
 
Vir beligting is ‘n gewone flitslig (torch) gebruik wat aan die voorkant van die blom geplaas is.
Na verskeie pogings (met verstellings aan die flitslig en kamera ) is bostaande foto toe geneem.
 
Eksperimenteer !  Hier is nog twee foto’s wat geneem is met verskillende beligting.
Op die een het ek twee flitse geplaas aan weerskante van die blom, een met ‘n geel
filter en die ander met ’n groen filter.  Die foto is toe van die bokant af geneem. Die
ander een is met n geel filter voor die flits geneem.
 
Hoekom die foto ?  Inspirasie deur Lezzet Abbott.
 
 



 

Tuesday, February 24, 2015

Malakite  & Spieelbeeld (Phillip Liebenberg )



Ek hou daarvan om voels af te neem maar ook diere en natuur in die algemeen. Ek het vroeg al besef dat my voorkeure my baie duur gaan kos of baie frustrasie gaan kos. Laasgenoemde was lank deel van my foto belewenis want al my bietjie skills met Lightroom (LR) kon glad nie my swak fotos, 
weens ‘n gebrek aan reik afstand, oplos nie.

Ons was in Desember op San Lameer toe ek weer baie entoesiasties die Kroonarende, wat al jare daar broei, probeer afneem het met my Sigma 120-300 met ‘n 2xTC. Ek was gelukkig om die ma te kry met ‘n prooi waarvan sy stukkies afgeskeur het om die kuiken te voer. Ek kon nie wag om my fotos op LR af te laai nie. Wat ‘n teleurstelling! Daardie lelike word – noise – was baie prominent, nie een skerp foto nie! Dit was die keerpunt – 'n ander lens moes ek kry…

Ek kon nie glo toe ek ‘n paar dae later op ODP se classifieds ‘n 500mm Prime lens sien nie. Die lens was nie goedkoop nie maar nog steeds minder as ‘n derde van ‘n nuwe een en feitlik splintenuut. Toe begin die planne …na klomp onderhandelings kry ek toe nog ‘n paar duisend afgestry en kon my stiefseun, wat ook ‘n fotograaf is die lens in Kaapstad vir my gaan haal – ek wou nie ‘n koerier vertrou nie. Ek het die lens Donderdagaand gekry en die Sondagoggend was ons teen 4.00 gepak met al die lekker goed oppad Marievale toe...

Ons was ‘n vorige keer in die Winter daar met min aksie. Ons het wel die gesogte hide onthou en was eerste daar. Dit was amper ‘n uur voordat die Malakite die eerste keer sy opwagting kom maak het. Ek het letterlik al 2 jaar gedroom om een af te neem en ek het omtrent dit geniet en het meer as 100 fotos van die pragtige spesie geneem. Die eend het toevallig verbygeswem en ek het bloot gekyk of ek iets kan onthou van panning….

Dit was ‘n baie suksesvolle oggend want ons het baie foto geleenthede gehad. Toe ek egter die middag my fotos aflaai was ek sprakeloos…..ek kon nie glo wat ek sien nie! Hoe is dit moontlik dat ek so ‘n DOF kon kry? Is dit my fotos – het ek dit geneem? Toe weet ek – dit is hoekom mense bereid is om baie geld vir lense te betaal en dit het my 3 jaar geneem om eindelik te verstaan hoekom sekere tipes fotos verseker met prime lense afgeneem moet word en nie zoom lense nie. Ek kon amper nie besluit watter foto van die Malakite ek moes kies nie..

Die eend was ‘n groot verrassing want eers toe ek die foto crop besef ek hoe perfek die spieelbeeld uitgekom het. Die 2 COM’s was letterlik die kersie op die koek en total onverwags! My nuwe lens en my mees onlangse resultate het ‘n nuwe entoesiasme in my fotografie bedrywighede veroorsaak.  

Malakite :
Nikon D3s Sigma 500mm
Exposure 1/3200 sec F4.5
ISO 400

Spieelbeeld
Nikon D3s Sigma 500mm
Exposure 1/1000 sec F4.5
ISO 200







Being Chased (Evelyn Gibson)


This image was taken with the Nikon D4 with the 80-400 lens, F4.5 on focal length of 98.0 metres, settings 1/5 sec, F.14, ISO 400.

It was taken in the Pilansbergs. It was quite a dull day and nothing much happening so I saw these impalas running and I decided to do something different by panning them. I was shooting from the window of our car so it was handheld. I did nothing in Photoshop other than adjust the levels and the contrast slightly so there is no manipulation. I was keeping my fingers crossed that something would work and I feel it did to a certain extent in giving me what I would call a creative nature image.

Verwelk (Michelle van Niekerk )


 Winner-Senior Winner-Best of Event


Ek het besluit om hierdie jaar bietjie te fokus op die afneem van blomme en hierdie foto  is een van my pogings.

Die blom kom van ‘n plantjie wat ek al verlede seisoen gekoop het en in my tuin geplant het juis met die idée om dit een of ander tyd af te neem.

Dit is geneem op ‘n bank in my tuin een middag laat toe die lig al mooi sag was.  Ek is mal oor my Canon 50mm F1.8 lens, een van Canon se goedkoopste lense. 

Ek het ‘n paer fotos geneem en geeksperimenteer met die diepte van veld.  Ek hou baie van die feit dat die agtergrond so uit fokus is en op F1.8 is daar slegs ‘n klein area in fokus.

Die tekstuur en kleur  van die hout  bank dra ook by tot die foto. 

Die foto is geneem op 50mm F1.8, ISO 400, 1/500sec, met ‘n Canon 7D. Geen flash is gebruik nie,  maar ek het wel ‘n driepoot gebruik.