Friday, February 17, 2017

Uitstappie Februarie 17

U word vroegoggend op Saterdag 2016-02-18 om 06h00 uitgenooi na 'n foto uitstappie te Pioniershuis museum te Silverton.
Bring gerus u gunsteling kamera, lense, driepoot, reflectors, kamera-flits,ens saam. Die beplanning is om die aktiwiteite by die Boermark te fotografeer vir u portefulje: "Joernalistiek/ Straat-en-kos fotografie". Die aktiwiteite by die boeremarks begin reeds tussen 05h00 - 05h30. Al die aktiwiteite behoort so teen 10h00 ten einde te loop.
Dit is 'n veilige omgewing met parkering.
Ligging:
Pioniers Museum, Keuningstraat - Toegang vanaf Watermeyerstraat, Meyerspark, Silverton
Sien almal môre oggend!!

Saturday, January 21, 2017

CCC January Outing

For our January outing, Centurion Camera Club is getting together for a photography morning at the Johannesburg Zoo.


We meet as the Western Gate - that is where Lower Park drive joins into Jan Smuts ave at 08:00 for 08:30 as the gates open at 08:30.  Member will be given a list of prescribed images to take for a small internal competition.  We will meet at 11:00 at the cafeteria.

Sunday, November 13, 2016

CCC Jaareind Funksie

Ons jaareindfunksie vir 2016 vind plaas op 19 November om 15:00.
 
Plek:             Hoek van Lochner en Tulip (selfde plek as verlede jaar) (GPS S 25 53 04.6 E 28 04 15.9): Klik op die skakel vir ‘n Google map
Datum:          19 November
Tyd:              15:00 tot laat 
 
Lochner is die verlenging van Ruimteweg.  Vir toegang gebruik asb. die oranje hek in Tulip straat

Die klub sal braaivleis vure, bykosse (slaaie, brood en speserye) en nagereg verskaf.
 
Wat moet jy bring:
 
·       Jou eie vleisie
·       Drinkgoed
·       Eetgerei (’n paar braaitange sal great wees)
·       Jou eie stoel (daar is sitplek, maar dalk nie genoeg nie J)
·       Jou partytjie skoene…..
 
Ons gaan ook op die dag die klub se jaarlikse prysuitdeling doen.  So kom en “celebrate” saam met jou mede fotograwe die suksesse van die jaar.
 
Ons sien uit om jou en jou gesin te sien op die dag.
 
RSVP asb voor 15 November 2016 sodat ons kan seker maak ons berei voor vir die regte hoeveelheid mense. RSVP by Herman (herman_groenewald@yahoo.com), 0784289551 of uitstappie WhatsApp groep
 

Net om te bevestig, Die ingang na die perseel is omtrent so 60m vanaf die hoek as jy vanuit die R114 in Lochnerstraat indraai. By die ingang is daar is ‘n oranje staalhek.
Die koördinate is S 25 53 04.6   E 28 04 15.9 (sien kaart aangeheg).

Monday, September 26, 2016

Anual Print event

On behalf of the Centurion Camera Club we would like to remind everybody about our premier annual photo prints exhibition evening to be held at the Centurion Art Gallery.  The exhibition is a joint event with Midrand and Impala Platinum clubs and showcases around 100 prints. The exhibit runs from October 3rd till October 14th and is open to the public. 
Our gala opening event takes place on October 3rd at 7 p.m.


Monday, September 5, 2016

Centurion Cameraclub Print Event

Print

Centurion kameraklub bied aan in samewerking met Midrand en Impala klub ons jaarlikse publieke  fotouitstalling vanaf  3-14 Oktober by die Centurion Kunsgallery. Die gala openingsaand is Maandagaand 3 Oktober. Lede word uitgenooi om ‘n maksimum van 4 foto’s  in te dien wat die afgelope 12 maande geneem is ( enige onderwerp ). Die uitstalling bied fotograwe ‘n spoggeleentheid om hul vernuf in die openbaar te vertoon.  Inskrywings is aanlyn en sal namens lede gedruk en uitgestal word op topgehalte fynkunsmedia. Medaljes en pryse sal toegeken word aan die top foto's soos beoordeel tydens die openingsaand.  Koste is R140 per foto en bly die eiendom van die fotograaf.  Onthou inskrywings sluit 11 September.

Centurion camera club, in cooperation with Midrand & Impala clubs presents our annual prestige prints exhibition event from October 3rd to 14th at the Centurion Art Gallery. The gala opening evening is on October 3rd. Members are in invited to submit up to 4 images taken in the past 12 months ( any topic ). Entries are to be submitted on line and will be printed and exhibited on behalf of members using top quality fine art media. The exhibition affords photographers a rare opportunity to showcase their work in a public space. Entries are R140 per print and will remain the property of the photographer. Please remember the closing date is September 11th.

The Excel document with the entry detail can be found here

Arnold het soos belowe met ons kuieraand 'n ICC profiel vir die Epson Velvet Fine Art Printer opgestel wat kan gebruik word vir "soft proofing" van fotos.  Die link na die dokument is hier

Monday, March 2, 2015


Perdeblom (Johann Perie)




Kamera en verstellings :
Nikon D3000 met standaard Nikon 18 - 55 Lens
Hoya +4 makro filter
F5.6
1/60 sek
ISO 200
 
‘n Vriend se dogter het die perdeblom in die veld gepluk.  Na baie onderhandeling en die verduideliking dat dit ‘n besondere onderwerp sal wees vir fotografie, en met die belofte van ‘n foto ter herinnering, het sy dit vir my gegee.
 
By die huis het ek dit regop op ‘n swart karton staan gemaak, die karton agter die blom opgebuig om
‘n agtergrond te vorm en dit alles op ‘n tafel staan gemaak.
 
Vir beligting is ‘n gewone flitslig (torch) gebruik wat aan die voorkant van die blom geplaas is.
Na verskeie pogings (met verstellings aan die flitslig en kamera ) is bostaande foto toe geneem.
 
Eksperimenteer !  Hier is nog twee foto’s wat geneem is met verskillende beligting.
Op die een het ek twee flitse geplaas aan weerskante van die blom, een met ‘n geel
filter en die ander met ’n groen filter.  Die foto is toe van die bokant af geneem. Die
ander een is met n geel filter voor die flits geneem.
 
Hoekom die foto ?  Inspirasie deur Lezzet Abbott.