Saturday, July 21, 2012

Kremetart – Elize van Rooyen

Ek was bevoorreg om deel te wees van ‘n groep van 18 persone wat Botswana besoek het gedurende die Junie vakansie. Ons was onder andere na Kubu eiland waar daar letterlik net soutpanne en Kremetartbome is. Ek het die vorige dag rondgeloop op die eiland om die ideale plekkie te kry om ‘n foto te neem met die sonsopkoms. Dinge het egter ‘n bietjie anders verloop want die volgende oggend was ons druk besig met oppak toe iemand vir my skree dat sonsopkoms oor 5 minute sou wees. Ek het inderhaas die kamera gegryp en gehardloop. Ek het kort-kort gestop om ‘n foto te neem. Die foto wat ek ingestuur het was toe nie op die uitgekose plek geneem nie want die tyd was te min om verder te hardloop. Dit was egter ‘n pragtige gesig met die wit soutpanne in die agtergrond en die son wat sy verskyning maak.

na_04020238_kremetartAlles was so helder en die lug was baie skoon.

Ek het die foto geneem om 7:00 die oggend op 26 Junie 2012

Ek is nog ‘n groentjie wat fotografie betref. Ek het my kamera (Canon 600D) einde 2011 aangeskaf en ‘n kursus in fotografie gedoen. Hierdie was my eerste inskrywings vir die klub. Ek was gelukkig dat dit nie nodig was om veranderings te doen aan die foto nie. Ek het die foto slegs “gecrop”

Kamera Canon 600 D
Sluiterspoed 1/50s
Lensopening f/9
ISO ISO-100
Fokusafstand 24mm
Klub Julie 2012 – COM ; 1* Wenner

Elize van Rooyen (1*)

Dieretuin Uitstappie –14 Julie 2012

Die Centurion Camera Club uistappie na die Pretoria diertuin is verby en self die koue weer kon nie die pret bederf nie.  Die fotokompetisie vir die dag sluit binnekort en dan sal ons weet wie die wenners was.  Hier is solank ‘n uittreksel van die dag se aksie fotos.

Vers01

Vers02

Friday, July 20, 2012

Langtoon 2 (ingeskryf by Julie Klubaand)

Ons was Kruger Wildtuin toe in April en het in Satara gekamp. Ek ry gewoonlik vroegoggend na ‘n watergat waar die lig vir my reg is en sit dan daar met my kamera gereed vir aksie tot so 10h00 en ry dan terug kamp toe.

na_04020008_Langtoon 2Hierdie foto is geneem by Nkayapan so 18km. suid van Satara. Daar was baie water in die veld a.g.v. reen en die diere het nie eintlik water kom drink nie. Die langtoon en ander voëls het daar rondgeloop en ek het maar rond en bont fotos van hulle geneem.

Hierdie een is teen 7 raampies per sek. geneem en ek het die beste een uitgesoek om in te skryf. Dit was so 08h20 en die lig was nog mooi.

Beligting was ½ stop onderbelig om detail in die wit gedeelte van voël te kry.

In Photoshop: “levels” gestel, “Saturarion” so 8, Ligte gedeelte bietjie met “burn tool” behandel vir meer detail en ge”sharpen”

Kamera Pentax K5
Lens Sigma 150-500 HSM
Fokusafstand 500mm
Sluiter 1/1000s
Aperture f/8
ISO ISO-400

Maartin Coetser (Meester Silver, APSSA)

Wednesday, July 18, 2012

"Cathedral in Milano" - B Grobler 3* - Julie 2012

Ek het grootgeword in 'n Italiaanse huis waar ek die kultuur van die Italianers aangeleer het.  Ek is ook baie geintresseerd in argitektuur (veral ou historiese en our Romeinse geboue), groot konstruksies, geskiedenis en enigiets wat vir my 'n mooi foto maak.  Ek is later getroud en ons gesin hou van reis.

th_04020021_Cathedral in MilanoOns het die geleentheid gehad om Milan te besoek, maar op daardie staduim het ek gebrekkige kennis van fotografie gehad. Die fotos wat ek destyds geneem het was baie swak. Derhalwe, het ek met ons terugkeer na Suid Afrika dadelik 'n proffessionele kursus bygewoon en vir my 'n beter kamera aangeskaf. Gelukkig kon ek terugkeer na Milan.  (My werksaamhede is van so 'n aard dat ek soms internasionaal moet reis.)  Ek ken die stad baie goed en neem graag fotos van minder bekende plekke wat nie altyd deur toeriste en raakgesien word nie en/of altyd prominent baie bekend is nie. Ek het weer tydens 'n werksgeleenthied in Milan die geleentheid gehad en my ou kamera Canon EOS 40D saam te neem.  (Ek het intussen die 40D ingeruil vir 'n Canon D5 Mark II.)

Elke oggend het ek deur my kamervenster gekyk met 'n uitsig oor die middestad van Milan.  Ek wou graag die die "Basilica of Saint Lawrence" in HDR afneem.  Ek het een oggend vroeg die kamera staangemaak op my hotel venster.  (Het nie driepoot gehad nie en een skoen moes gebruik word om die kamera te verstewig)  Dit was maar 'n bewolkte dag en was nie beindruk met die drie fotos wat ek geneem het nie. Die volgende oggend was 'n baie mooi oggend.  Op die ingewing van die oomblik het ek besluit om 'n monochroom foto te neem.  Ek het slegs die foto 'n bietjie "ge-crop" en die nodige groote gemaak met Picasa.

Fisiese adres van die gebou en sy omgewing:
Basilica of Saint Lawrence
Corso di Porta Ticinese, 39
Milan, Italie

Kamera Canon EOS 40 D
Sluiterspoed 13s Met afstand beheer om beweging te verhoed
Aperture f/10
ISO ISO-100
Flits Geen
Driepoot Een nommer 12 linkerskoen, kamera met veter vasgemaak om skud/beweging te voorkom.

Beau Grobler (3*)

Fauresmith Uithouvyf (ingeskryf by Julie Klubaand)

Ons was Fauresmith toe begin Julie om die 200km. perdeuithouwedren te gaan beleef en natuurlik was my hoofdoel soos altyd as ek iewers gaan om fotos te neem. Ek het voorheen fotos gesien wat deur ‘n onervare fotograaf geneem was in die mis waar die perde hardloop en dit het my so geïnspireer dat ek van mening was dat ek wenfotos kan neem in sulke omstandighede. Nodeloos om te sê dat daar hierdie keer geen teken van mis was nie. Dit was nie koud genoeg nie en die voggehalte was laag. Ek was ook vertel dat die perde soms vroegoggend wasem by hulle neuse uitblaas. Dit het ook nie gebeur nie.

pj_04020008_Fauresmith UithouvyfDie alternatief was dus om maar ander fotos te soek. Na elke 25km. is daar ‘n “Grooming point” waar die perde stop, voer en water kry, skoon gewas word en deur Veeartse ondersoek word of hulle verder kan hardloop. Daar is honderde voertuie wat heen en weer ry deur die ruiters se helpers en baie stof word hierdeur gemaak waar die perde langs die pad hardloop. Ek het hierdie geleentheid raakgesien en omtrent so 50 fotos geneem teen 7 raampies per sek. met ‘n skuins hoek teen die son om die stof te beklemtoon. Dit was reeds 09h30 en die stof het veroorsaak dat die lig sag was. Wanneer ‘n foto teen die son geneem word moet jy altyd sorg dat die sonlig nie direk op die lens val nie anders kry jy “lensflare” wat jou foto heeltemaal bederf. Hierdie foto is na my mening die beste een van die klomp.

Kamera Pentax K5
Lens Pentax 18-250mm
Sluiter 1/1000s
Aperture f/6.7
ISO ISO-560

Die Pentax K5 het ‘n funksie waar jy die lensopening en sluiterspoed kies en dan kies die kamera die ISO vir die regte beligting.

In Photoshop: “Levels” gestel, “Saturarion” so 10, donker gedeeltes ligter gemaak met “dodge tool”, ligte gedeeltes donkerder gemaak met “burn tool” en ge”sharpen”

Maartin Coetser (Meester Silver, APSSA)

Tuesday, July 17, 2012

This train has left the station

I am always looking at opportunities to do things I haven’t’ experienced before, and if these include a photographic opportunity, so much better!

With that in mind you can imagine my excitement when I received a circular from the club secretary in May 2012 about a Steam Train Photography trip planned for 8-10 June 2012.  I am not sure whether I asked my wife if she wanted to go or whether I just told her I booked us for the trip.  In any case, I’m sure I was the first person booked and paid.

op_04020196_This train has left the stationSo came the 8th of June and I attended a briefing session @ 19:00 at the Hermanstad station, it was freezing.  We had the get together in one of the passenger coaches.  No air-conditioner, no heater, just like in the olden days, and even the door and the windows did not seal as well as one would expect.  In any case, I’m digressing,  but the writing was on the wall, it was going to be a COLD weekend.  PERFECT for steam train photography!

In short the trip was going to start at the Rovos rail sheds in Capital Park @ 5:45 on Saturday morning with some serious photography from just before sunrise where after we would leave for Cullinan around 11:00 from Hermanstad.  There would be various opportunities along the way where we would be dropped off, the train reversed and prepared and then the photographers would wait for the train to come along.   We eventually arrived in Cullinan just after sunset, and after booking into our accommodation it was back to the station for night shots.  Although the evening was cold, it was nothing compared what waited on us for early Sunday morning.  After the evening session we enjoyed dinner with Friends at our accommodation and then had a warm bath and went to bed, well my wife did I first did a bit of photo downloads…….

On Sunday morning we boarded the train well before sunrise as our “sunrise spot” was a few kilometres from Cullinan.  It was FREEZING!  The coldest I had ever experienced.  A family blog like this does not allow me to use superlatives to describe how cold I was.  Back to the photography.  The photo opportunity at sunrise was spectacular though and worth the suffering.  The rest of the morning was spent on opportunities making our way back to Cullinan.  Once we arrived at Cullinan again there was some “train-in-station” opportunities before we went to Harrie’s Pancakes for a milk tart filled pancake for breakfast.  Njammies.  After this we collected our baggage from our accommodation and boarded the train where we left just after noon for Hermanstad.  There were some more opportunities on the way back.  We arrived late afternoon at Hermanstad and after greeting some new friends we were homeward bound.  Diesel propelled Hilux, such a low after all the steam.

Other than the photography the trip itself was amazing with some good conversation on and off the train.  The whole trip was organised and run by volunteers from Friends of the Rail.  Truly amazing people with a passion for their hobby and many interesting stories about steam trains.  A highlight for me was when I was invited by one of the fireman(stoker) to board the locomotive to see how he prepared boerewers in the firebox using the stoking shovel! 

I suppose the only thing more to say is that the image “This train has left the station” was taken on the morning of 9 June 2012 @ 07:08.  On this morning the sunrise was @ 6:50, so the colours produced by the sun was just amazing twenty minutes later when this shot was taken.  The timing of the shot, showing the steam blowing off to the left and the angle at which the sunrays were hitting the billowing smoke from the locomotive were more awesome than this photo shows……..

Camera Canon EOS 7D
Aperture f/5.6
Exposure 1/250 s
ISO ISO-200
Focal Length 70 mm
Lens EF70-300mm f/4-5.6L IS USM
Club Best Photo: July 2012

Regards

Andre Norris (4*)