Perdeblom (Johann Perie)
Kamera en verstellings :
|
Nikon D3000 met standaard Nikon 18
- 55 Lens
|
Hoya +4 makro filter
|
F5.6
|
1/60 sek
|
ISO 200
|
‘n Vriend se dogter het die
perdeblom in die veld gepluk. Na baie
onderhandeling en die verduideliking dat dit ‘n besondere onderwerp sal wees
vir fotografie, en met die belofte van ‘n foto ter herinnering, het sy dit
vir my gegee.
|
By die huis het ek dit regop op ‘n
swart karton staan gemaak, die karton agter die blom opgebuig om
|
‘n agtergrond te vorm en dit alles
op ‘n tafel staan gemaak.
|
Vir beligting is ‘n gewone flitslig
(torch) gebruik wat aan die voorkant van die blom geplaas is.
|
Na verskeie pogings (met
verstellings aan die flitslig en kamera ) is bostaande foto toe geneem.
|
Eksperimenteer ! Hier is nog twee foto’s wat geneem is met
verskillende beligting.
|
Op die een het ek twee flitse
geplaas aan weerskante van die blom, een met ‘n geel
|
filter en die ander met ’n groen
filter. Die foto is toe van die bokant
af geneem. Die
|
ander een is met n geel filter voor
die flits geneem.
|
Hoekom die foto ? Inspirasie deur Lezzet Abbott.
|