Malakite & Spieelbeeld (Phillip Liebenberg )
Ek hou daarvan om voels af te neem maar ook diere en natuur in die algemeen. Ek het vroeg al besef dat my voorkeure my baie duur gaan kos of baie frustrasie gaan kos. Laasgenoemde was lank deel van my foto belewenis want al my bietjie skills met Lightroom (LR) kon glad nie my swak fotos, weens ‘n gebrek aan reik afstand, oplos nie.
Ons was in Desember op San Lameer toe ek weer baie entoesiasties die Kroonarende, wat al jare daar broei, probeer afneem het met my Sigma 120-300 met ‘n 2xTC. Ek was gelukkig om die ma te kry met ‘n prooi waarvan sy stukkies afgeskeur het om die kuiken te voer. Ek kon nie wag om my fotos op LR af te laai nie. Wat ‘n teleurstelling! Daardie lelike word – noise – was baie prominent, nie een skerp foto nie! Dit was die keerpunt – 'n ander lens moes ek kry…
Ek kon nie glo toe ek ‘n paar dae later op ODP se classifieds ‘n 500mm Prime lens sien nie. Die lens was nie goedkoop nie maar nog steeds minder as ‘n derde van ‘n nuwe een en feitlik splintenuut. Toe begin die planne …na klomp onderhandelings kry ek toe nog ‘n paar duisend afgestry en kon my stiefseun, wat ook ‘n fotograaf is die lens in Kaapstad vir my gaan haal – ek wou nie ‘n koerier vertrou nie. Ek het die lens Donderdagaand gekry en die Sondagoggend was ons teen 4.00 gepak met al die lekker goed oppad Marievale toe...
Ons was ‘n vorige keer in die Winter daar met min aksie. Ons het wel die gesogte hide onthou en was eerste daar. Dit was amper ‘n uur voordat die Malakite die eerste keer sy opwagting kom maak het. Ek het letterlik al 2 jaar gedroom om een af te neem en ek het omtrent dit geniet en het meer as 100 fotos van die pragtige spesie geneem. Die eend het toevallig verbygeswem en ek het bloot gekyk of ek iets kan onthou van panning….
Dit was ‘n baie suksesvolle oggend want ons het baie foto geleenthede gehad. Toe ek egter die middag my fotos aflaai was ek sprakeloos…..ek kon nie glo wat ek sien nie! Hoe is dit moontlik dat ek so ‘n DOF kon kry? Is dit my fotos – het ek dit geneem? Toe weet ek – dit is hoekom mense bereid is om baie geld vir lense te betaal en dit het my 3 jaar geneem om eindelik te verstaan hoekom sekere tipes fotos verseker met prime lense afgeneem moet word en nie zoom lense nie. Ek kon amper nie besluit watter foto van die Malakite ek moes kies nie..
Die eend was ‘n groot verrassing want eers toe ek die foto crop besef ek hoe perfek die spieelbeeld uitgekom het. Die 2 COM’s was letterlik die kersie op die koek en total onverwags! My nuwe lens en my mees onlangse resultate het ‘n nuwe entoesiasme in my fotografie bedrywighede veroorsaak.
Malakite :
Nikon D3s Sigma 500mm
Exposure 1/3200 sec F4.5
ISO 400
Spieelbeeld
Nikon D3s Sigma 500mm
Exposure 1/1000 sec F4.5
ISO 200